Ons hou hierdie bladsy kort, want jy wil net weet wat dit kos en wanneer dit kom.
| Metode | Gewoonlik | Koste |
|---|---|---|
| Afhaal by Klein Oes, Roodeplaat, of by die mark | Reël oor WhatsApp | R0 |
| Afhaalpunt — Courier Guy-kiosk of Locker | 2–5 werksdae om te pak en te stuur, dan 1–5 werksdae met die koerier |
|
Meer as 12 items stuur ons in meer as een pakkie, en elke pakkie kos wat die tabel sê. 13 items kos R220. ’n Geskenkboks tel as die potte wat daarin is.
Alles is glas. Ons pak dit soos ons dit self sou wou ontvang.
Ons lewer net in Suid-Afrika af.
Tariewe nagegaan 2026-10-09.
Afhaal
Jy kan by die mark by ons afhaal, of by Klein Oes in Roodeplaat as ons dit vooraf reël. Stuur ’n WhatsApp en sê wanneer jy kan kom.
Hoe lank voor dit ry
Ons pak en stuur ’n bestelling binne 2 tot 5 werksdae nadat die betaling deur is. Oor vakansiedae, of wanneer daar baie bestellings gelyk inkom, kan dit langer vat — dan sê ons vir jou, ons laat jou nie raai nie.
Alles is glas
Elke pot en elke bottel is glas. Ons draai elkeen afsonderlik toe en pak die boks styf, want ’n koerier gooi nie sag nie. As iets tog stukkend by jou aankom, stuur vir ons ’n foto binne 48 uur en ons maak dit reg.
Net Suid-Afrika
Ons stuur net binne Suid-Afrika. Buite die land is daar nog nie ’n manier wat vir ons of vir jou werk nie.
Vrae
WhatsApp ons op 061 404 8392. Dis dieselfde nommer waarop jy by die mark bestel.