Bestanddele
Merk af wat jy reeds het.
- 125 g botter, sag
- 100 g strooisuiker
- 1 ekstra-groot eier
- 1 tl vanielje-essens
- 250 g koekmeel
- 1 tl bakpoeier
- 1 knippie sout
- 100 ml Klein Oes Framboos Konfyt
Metode
-
Verhit die oond tot 180 °C. Lyn twee bakplate met bakpapier.
-
Klop die botter en suiker saam tot dit lig en romerig is. Klop die eier en vanielje in.
-
Sif die meel, bakpoeier en sout oor die botter. Meng eers met ’n houtlepel en dan met jou hande tot ’n sagte deeg wat nie meer aan die bak vassit nie. As dit krummelrig bly, werk ’n paar druppels koue water in.
-
Rol bolletjies van sowat 20 g en pak hulle 4 cm uitmekaar op die plate.
-
Druk met jou duim ’n holte in elke bolletjie. Roer die konfyt los en skep ’n knap teelepel in elke holte.
-
Bak 12 tot 14 minute, tot die rande ligbruin is. Laat die koekies 5 minute op die plaat staan voor jy hulle oplig.






