Bestanddele
Merk af wat jy reeds het.
- 1 kg skaapvleis (skouer of boud), in blokkies van 3 cm
- 1 el sonneblomolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 el matige kerriepoeier
- 80 ml appelasyn
- 3 el Klein Oes Lemoen Marmelade
- 3 el Klein Oes Pynappel Blatjang
- 1 tl growwe sout
- 2 uie, in kwarte gesny en in lagies uitmekaar gehaal
Metode
-
Verhit die olie in ’n potjie en braai die gekapte ui en knoffel 3 minute tot sag.
-
Roer die kerriepoeier ’n halwe minuut lank by. Voeg die asyn, marmelade, blatjang en sout by en laat 5 minute saggies prut. Laat heeltemal afkoel.
-
Skep 4 el van die marinade in ’n bakkie en sit dit in die yskas vir later.
-
Meng die res van die marinade deur die vleisblokkies. Laat minstens 4 uur, of oornag, in die yskas staan.
-
Week houtstokkies 30 minute in water. Ryg die vleis en uielagies afwisselend aan die stokkies.
-
Braai oor matige kole, 15 tot 20 minute, en draai gereeld. Bestryk met die opsygesette marinade in die laaste 5 minute.
-
Laat die sosaties 3 minute rus voor jy dit dien.
Produkte in hierdie resep
Nog resepte
-
Braai
Lamskotelette met rookglans en peer-en-roosmarynkonfyt
Altesaam: 52 min 4 porsies Met Klein Oes se Rookglans vir Bees- & Skaapvleis, Peer & Roosmaryn Konfyt -
Braai
Portugese peri-peri-hoender, platgedruk op die kole
Altesaam: 1 uur 20 min 4 porsies Met Klein Oes se Portugese Peri-Peri Sous, Roker Rub vir Hoender -
Braai
Snoek op die kole met naartjiemarmelade
Altesaam: 40 min 4 porsies Met Klein Oes se Naartjie Marmelade, Rookglans vir Vis







