Bestanddele
Merk af wat jy reeds het.
- 250 g Marie-beskuitjies
- 100 g botter, gesmelt
- 385 g blik kondensmelk
- 250 ml room
- 100 ml vars suurlemoensap
- 1 suurlemoen, die skil fyn gerasper
- 100 ml Klein Oes Suurlemoen Konfyt
- 2 el Klein Oes Suurlemoen Nannas, fyngekap
Metode
-
Druk die beskuitjies in ’n plastieksak met ’n deegrol fyn. Meng met die gesmelte botter.
-
Druk die krummels op die bodem en teen die kante van ’n 23 cm tertbak vas, met die onderkant van ’n glas. Sit 20 minute in die yskas.
-
Klits die room net tot dit ’n sagte punt hou. Moenie dit styf klits nie.
-
Roer die kondensmelk, suurlemoensap en gerasperde skil saam. Dit word vanself dikker. Vou die room liggies in.
-
Skep die vulsel in die kors en stryk gelyk. Sit minstens 4 uur in die yskas, liefs oornag.
-
Warm die konfyt 20 sekondes in die mikrogolf, sodat dit losser word. Skep ’n dun laag oor die tert en strooi die gekapte nannas bo-oor.
Produkte in hierdie resep
Nog resepte
-
Gebak
Sponspoeding met lemoenmarmelade
Altesaam: 58 min 6 porsies Met Klein Oes se Lemoen Marmelade -
Gebak
Peer-en-kaneel-hawermoutblokkies
Altesaam: 53 min 24 blokkies Met Klein Oes se Peer & Kaneel Konfyt -
Gebak
Roosterkoek met kaas, tamatiekonfyt en uiemarmelade
Altesaam: 2 uur 12 roosterkoeke Met Klein Oes se Tamatie Konfyt, Uie marmelade





