Spring na inhoud

Resepte Aandete

Gestoofde vis met tamatie-en-rissiekonfyt

’n Visgereg vir Vrydagaand, in ’n halfuur klaar. Die tamatie-en-rissiekonfyt maak die sous donker en gee ’n effense byt, en die roker rub geur die vis. Eet dit met rys of vars brood om die sous mee op te vee.

Porsies
4
Voorberei
15 min
Kook
25 min
Altesaam
40 min

Bestanddele

Merk af wat jy reeds het.

  • 700 g stewige witvisfilette (kabeljou of ’n ander stewige vis), in groot stukke
  • 2 tl Klein Oes Roker Rub vir Vis
  • 2 el olie
  • 1 ui, in halwe maantjies gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 410 g blik gekapte tamaties
  • 4 el Klein Oes Tamatie en Rissie Konfyt
  • 125 ml water
  • 2 el suurlemoensap
  • 1 handvol vars pietersielie, gekap

Metode

  1. Vryf die roker rub oor die vis en laat dit 10 minute staan.

  2. Verhit die olie in ’n wye pan en braai die ui tot sag. Roer die knoffel 1 minuut in.

  3. Gooi die tamaties, konfyt en water by. Prut 10 minute sonder deksel tot die sous effens dikker is.

  4. Lê die vis in die sous en lepel ’n bietjie sous daaroor.

  5. Sit die deksel op en prut op lae hitte 8 tot 10 minute tot die vis maklik met ’n vurk skilfer.

  6. Druk die suurlemoensap oor en strooi die pietersielie bo-oor. Dien dadelik.

Produkte in hierdie resep

Nog resepte

Alle resepte

Die tafel

Sien die hele rak