Spring na inhoud

Resepte Kaasplank

Kaasplank met kweperjellie, peer-en-roosmarynkonfyt en salami

Dit is nie juis ’n resep nie, dit is ’n manier van uitpak. Maak een vir ’n Sondagmiddag op die stoep of vir kuiergaste wat net voor aandete opdaag. Die jellie en die konfyt staan langs die kaas en doen die werk van ’n soet bykos.

Porsies
6
Voorberei
20 min
Altesaam
20 min

Bestanddele

Merk af wat jy reeds het.

Metode

  1. Haal die kase ’n uur voor tyd uit die yskas. Koue kaas smaak na min.

  2. Sit die brie in die middel van ’n groot plank. Sny die cheddar in blokkies en die gouda in dun repe.

  3. Vou die salamiskywe in halwe maantjies en pak hulle in ’n hopie naby die kaas.

  4. Skep die kweperjellie en die peer-en-roosmarynkonfyt in twee klein bakkies. Sit ’n teelepel in elkeen.

  5. Vul die gapings met druiwe en beskuitjies.

  6. Sit die plank neer saam met ’n kaasmes en klein bordjies. Laat almal self bou.

Produkte in hierdie resep

Nog resepte

Alle resepte

Die tafel

Sien die hele rak