Bestanddele
Merk af wat jy reeds het.
- 8 Klein Oes Vars Kwartel Eiers
- 3 el Klein Oes Tamatie en Rissie Konfyt
- 4 snye surdeegbrood of plaasbrood
- 2 el botter
- 4 el roomkaas
- 1 handvol waterkers of ruccola
- growwe sout en swartpeper
Metode
-
Rooster die brood tot goudbruin.
-
Smeer die roomkaas dik op elke snytjie.
-
Verhit die botter in ’n pan oor matige hitte.
-
Kwarteleiers se dop is dun, maar die vlies daaronder is taai. Tik die dop met die punt van ’n klein skerp mes oop, sny deur die vlies en laat die eier in ’n bakkie gly.
-
Laat die eiers versigtig uit die bakkie in die pan gly. Braai 1 tot 2 minute tot die wit gestol is en die geel nog sag is.
-
Sit die eiers op die brood. Sit ’n lepel konfyt langsaan, strooi sout en peper oor en sit die waterkers bo-op.
Produkte in hierdie resep
Nog resepte
-
Ontbyt
Wentelteefjies met lemmetjie-en-aarbeimarmelade
Altesaam: 25 min 4 porsies Met Klein Oes se Lemmetjie & Aarbei Marmelade -
Peuselhappies
Ham-en-kaasroosterbroodjie met uiemarmelade
Altesaam: 18 min 2 porsies Met Klein Oes se Uie marmelade, Soet Mosterd Uitjies -
Peuselhappies
Roomkaasdip met geel habanero-en-pynappelsous
Altesaam: 10 min 8 porsies Met Klein Oes se Geel Habanero & Pynappel Sous




