Bestanddele
Merk af wat jy reeds het.
- 8 snye witbrood, ’n dag oud
- 3 eiers
- 250 ml melk
- 2 el suiker
- 1 tl kaneel
- 3 el botter, om in te braai
- 6 el Klein Oes Lemmetjie en Aarbei Marmelade
- 2 el warm water
Metode
-
Klits die eiers, melk, suiker en kaneel in ’n vlak bak tot dit glad is.
-
Verhit 1 eetlepel botter in ’n pan oor matige hitte.
-
Druk ’n paar snye brood vir 10 sekondes aan elke kant in die eiermengsel. Dit moet nat wees, maar nie uitmekaar val nie.
-
Braai die brood 2 tot 3 minute aan elke kant tot goudbruin. Voeg botter by soos nodig en hou die klaar snye warm onder ’n skottel.
-
Verhit die marmelade en die warm water in ’n klein potjie. Roer een minuut tot dit los en blink is.
-
Skep die warm marmelade oor die wentelteefjies en eet dadelik.
Produkte in hierdie resep
Nog resepte
-
Ontbyt
Kwarteleiers op roosterbrood met tamatie-en-rissiekonfyt
Altesaam: 13 min 2 porsies Met Klein Oes se Tamatie & Rissie Konfyt -
Peuselhappies
Ham-en-kaasroosterbroodjie met uiemarmelade
Altesaam: 18 min 2 porsies Met Klein Oes se Uie marmelade, Soet Mosterd Uitjies -
Peuselhappies
Roomkaasdip met geel habanero-en-pynappelsous
Altesaam: 10 min 8 porsies Met Klein Oes se Geel Habanero & Pynappel Sous




