Spring na inhoud

Resepte Gebak

Melktert met naartjiemarmelade

Melktert is die tert wat elke tannie op haar eie manier maak. Hierdie een het ’n dun laag naartjiemarmelade onder die vla. Die sitrus keer dat dit te soet word.

Porsies
10
Voorberei
40 min
Kook
25 min
Altesaam
1 uur 5 min

Bestanddele

Merk af wat jy reeds het.

  • 125 g botter, sag (vir die kors)
  • 100 g strooisuiker (vir die kors)
  • 1 eier (vir die kors)
  • 250 g koekmeel
  • 1 tl bakpoeier
  • 60 ml Klein Oes Naartjie Marmelade
  • 750 ml melk
  • 1 kaneelstokkie
  • 3 eiers (vir die vulsel)
  • 100 g strooisuiker (vir die vulsel)
  • 50 g mielieblom (Maizena)
  • 30 g botter (vir die vulsel)
  • 1 tl vanielje-essens
  • 1 tl gemaalde kaneel, om oor te strooi

Metode

  1. Verhit die oond tot 180 °C. Room die kors-botter en suiker, klop die eier in en sif die meel en bakpoeier by. Meng tot ’n deeg.

  2. Druk die deeg in ’n 23 cm tertbak, oor die bodem en 3 cm teen die kante op. Prik die bodem met ’n vurk. Bak 15 tot 18 minute, tot dit goudbruin is. Laat heeltemal afkoel.

  3. Smeer die marmelade in ’n dun laag oor die koue bodem.

  4. Verhit 600 ml van die melk saam met die kaneelstok in ’n kastrol tot dit net begin pruttel.

  5. Klits intussen die eiers, suiker en mielieblom met die oorblywende 150 ml koue melk glad. Haal die kaneelstok uit die warm melk en giet die warm melk al roerende by die eiermengsel. Sit alles terug in die kastrol.

  6. Roer oor lae hitte 4 tot 5 minute, tot dit dik soos vla is. Haal van die stoof af en roer die botter en vanielje in.

  7. Giet die vla oor die marmelade. Strooi kaneel oor. Laat afkoel en sit dan 2 uur in die yskas voor jy sny.

Produkte in hierdie resep

Nog resepte

Alle resepte

Die tafel

Sien die hele rak