Bestanddele
Merk af wat jy reeds het.
- 500 g gaar pampoen, goed afgegiet en fyngestamp
- 1 eier
- 250 ml koekmeel
- 2 tl bakpoeier
- 1 tl kaneel
- ¼ tl sout
- 60 ml ekstra koekmeel, indien nodig
- 100 ml sonneblomolie om in te braai
- 125 ml Klein Oes Lemoen Stroop
Metode
-
Klits die pampoen en eier saam in ’n bak.
-
Sif die meel, bakpoeier, kaneel en sout bo-oor en roer net tot dit gemeng is. Die deeg moet dik van die lepel afval. Is dit te nat, roer nog meel in, ’n eetlepel op ’n slag.
-
Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Dit is warm genoeg as ’n klein klontjie deeg dadelik sis.
-
Skep opgehoopte eetlepels deeg in die olie, 4 of 5 op ’n slag. Braai 3 minute aan elke kant tot goudbruin.
-
Laat op papier uitdrup en hou warm in ’n lae oond.
-
Verwarm die stroop in ’n klein potjie tot dit loop. Skep oor die koekies en dien dadelik.
Produkte in hierdie resep
Nog resepte
-
Bykos
Oondgebakte soetpatats met naartjiestroop en makadamianeute
Altesaam: 55 min 6 porsies Met Klein Oes se Naartjie Stroop, Gekaramelliseerde Makadamia Neute -
Bykos
Gestoofde rooikool met peer-en-kaneelkonfyt
Altesaam: 55 min 6 porsies Met Klein Oes se Peer & Kaneel Konfyt -
Gebak
Frambooskonfytkoekies
Altesaam: 39 min 24 koekies Met Klein Oes se Framboos Konfyt




