Bestanddele
Merk af wat jy reeds het.
- 1 kg klein nuwe aartappels
- 150 ml mayonnaise
- 100 ml Griekse jogurt
- 1 el growwe mosterd
- 8 Klein Oes Piekel Uitjies, in kwarte gesny, plus 1 el van die pekelvog
- 3 lenteuie, fyngesny
- 2 el vars pietersielie, gekap
- 8 Klein Oes Pekel Pêrels (gepekelde kwartel eiers), gehalveer
- sout en swartpeper
Metode
-
Sit die aartappels in ’n pot koue water met ’n eetlepel sout. Bring tot kookpunt en kook 15 tot 20 minute tot ’n vurk maklik ingaan.
-
Dreineer en laat 15 minute afkoel. Halveer die groter aartappels.
-
Meng die mayonnaise, jogurt, mosterd en die pekelvog in ’n groot bak.
-
Vou die aartappels in die sous terwyl hulle nog effens louwarm is. Dan suig hulle die smaak op.
-
Vou die piekeluitjies, lenteuie en pietersielie in. Proe en voeg sout en peper by.
-
Sit die slaai 30 minute in die yskas. Pak die gehalveerde Pekel Pêrels net voor opdis bo-op.
Produkte in hierdie resep
Nog resepte
-
Slaaie
Groenslaai met pampelmoeskonfyt-slaaisous, feta en makadamianeute
Altesaam: 15 min 6 porsies Met Klein Oes se Gekaramelliseerde Makadamia Neute, Pampelmoes Konfyt -
Peuselhappies
Piekniektoebroodjies met hoender en pynappelblatjang
Altesaam: 20 min 4 porsies Met Klein Oes se Pynappel Blatjang, Gekaramelliseerde grondboontjies -
Braai
Lamsosaties met lemoenmarmelade en blatjang
Altesaam: 50 min 6 porsies Met Klein Oes se Lemoen Marmelade, Pynappel Blatjang





