Bestanddele
Merk af wat jy reeds het.
- 150 g gemengde slaaiblare
- 1 komkommer, in dun skywe
- 1 klein rooi ui, in dun ringe
- 200 g feta, gekrummel
- 1 klein handvol Klein Oes Gekaramelliseerde Makadamia Neute, grof gekap
- 2 el Klein Oes Pampelmoes Konfyt
- 3 el olyfolie
- 1 el wynasyn
- 1 tl Dijon-mosterd
- sout en swartpeper
Metode
-
Sit die konfyt, olyfolie, asyn, mosterd en ’n knippie sout in ’n jampot. Skroef die deksel vas en skud 20 sekondes lank.
-
Proe die slaaisous. Dit moet soet begin en effens skerp eindig. Voeg peper en nog sout by as nodig.
-
Sit die slaaiblare, komkommer en rooi ui in ’n groot bak.
-
Gooi die helfte van die slaaisous oor en meng liggies met jou hande.
-
Krummel die feta bo-oor.
-
Strooi die neute op net voor jy bedien. Sit die res van die slaaisous in ’n kannetjie op die tafel.
Produkte in hierdie resep
Nog resepte
-
Slaaie
Aartappelslaai met piekeluitjies en Pekel Pêrels
Altesaam: 40 min 8 porsies Met Klein Oes se Piekel Uie -
Peuselhappies
Piekniektoebroodjies met hoender en pynappelblatjang
Altesaam: 20 min 4 porsies Met Klein Oes se Pynappel Blatjang, Gekaramelliseerde grondboontjies -
Braai
Lamsosaties met lemoenmarmelade en blatjang
Altesaam: 50 min 6 porsies Met Klein Oes se Lemoen Marmelade, Pynappel Blatjang





